fbpx

Klein Lyfies

Custom-Made Baby Goods

Klein Lyfies logo

About:

Klein Lyfies is nie ‘n reeds bestaande besigheid  in Strand wat net produkte verkoop vir ‘n bietjie kommissie nie. Die produkte is ook nie klaar gemaakte produkte wat ek net so van ‘n fabriek af bestel nie. Daar is ook nie ‘n lys van produkte waarvan ek kan kies en keur om te post nie.

Ek het groot passie vir baba goedjies, om dingetjies te maak, ens. Dit is al vir baie lank iets wat ek graag as beroep wil doen en ek het uiteindelik genoeg moed bymekaar geskraap om dit aan te pak.

Ek moes my eie verskaffers gaan soek en ek werk direk met hulle. Ek is konstant besig met nuwe idees vir nog produkte. My verskaffers is elkeen ook individue wat van hul huise af werk so dit is ook nie groot fabrieke van waar ek sekere materiale af kry nie.

Elke liewe produk word dus met die hand gemaak en dit is hoekom die wag tydperk soms effens langer kan neem as by ‘n groot besigheid wat vele hande of masjiene het.

Elke liewe bestelling sit kos op die tafel vir ‘n totaal van drie gesinne en daarom word daar letterlik ‘n “happy dance” gedoen met elke liewe item wat bestel word en met dit sê ek namens my 2 verskaffers en myself baie, baie dankie.

Door to Door Delivery? Yes
Handmade baby clothes by Klein Lyfies

Contact:

Elzett

Stay Connected:

Share this page:

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on linkedin
LinkedIn
Share on email
Email
Share on whatsapp
WhatsApp